Dio Cassius

Dio Cassius
Geboortenaam Lucius Cassius Dio Cocceianus
Gebore ca. 155 n.C. of 163/164
Nikea (?)
Oorlede ná 229
Rome
Nasionaliteit Romeinse Ryk
Vakgebied Geskiedenis
Bekend vir Historia Romana
Titelblad van 'n Engelse vertaling van Dio Cassius se Romeinse Geskiedenis

Lucius Cassius Dio Cocceianus[1][2] (Δίων ὁ Κάσσιος, ca. 155 n.C. of 163/164[3] tot ná 229 n.C.), onder meer bekend as Cassius Dio, Dio Cassius, of Dio (Dione. lib) was 'n Romeinse konsul en erkenne historikus wat in Grieks geskryf het. Dio het 'n geskiedenis van antieke Rome in 80 bande gepubliseer, beginnend by die legendariese landing van Aineias in Italië, tot die gevolglike grondlegging van Rome (753 v.C.), die stigting van die Republiek (509 v.C.), en die vestiging van die Ryk (31 v.C.), tot en met 229 n.C.; 'n tydsbestek van om en by 1 400 jaar. Van die 80 boeke, wat oor 22 jaar opgestel is, oorleef baie in die moderne era intakt of as fragmente, wat moderne geleerdes van 'n omvattende perspektief op Romeinse geskiedenis verskaf.

  1. Dio se naam: L'Année épigraphique 1971, 430 = Κλ΄ Κάδδιος Δίων. Roman Military Diplomas, Roxan, 133 = L. Cassius Dio.
  2. Alain Gowing, wat Cassius Dio geredigeer het, voer aan dat getuienis vir Cocceianus onvoldoende is, as sou dit uit 'n Bisantynse verwarring met Dion Chrysostomos ontstaan het, wat volgens Plinius wel Cocceianus geheet het.
  3. Volgens sekere geleerdes soos Millar (Millar, F., A study of Cassius Dio, Oxford 1966, bl. 13), is hy later gebore, naamlik 163/164 n.C..

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search